Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Sjokolade-truffles

$
0
0

Jy sal nooit raai hoe maklik dit is om hierdie ryk, donker smulhappies te maak nie, en dit met net drie basiese bestanddele. Deel dit met jou vriende of steek dit weg en eet dit self op.

Lewer 12
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 5 min.
Verkoel: 1½ uur

250 g donker sjokolade, gekap
125 ml (½ k) room
5 ml (1 t) vanieljegeursel
kakaopoeier of gekapte neute vir bedek

  1. Sit die sjokolade in ’n bak.
  2. Bring die room tot prutpunt in ’n klein kastrol. Giet oor die sjokolade en voeg dan die vanieljegeursel by. Laat staan ’n paar minute; roer dan tot glad.
  3. Laat afkoel en verkoel dan ’n uur in die koelkas.
  4. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
  5. Skep balle van die ganache met ’n teelepel uit. Rol vinnig in jou hande om in gladde balle te vorm en pak dit dan op  bakplaat. Verkoel ’n halfuur in die koel.
  6. Rol in kakaopoeier of gekapte neute en sit voor of bêre in die koelkas.

Deur Hope Malau

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>