Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Suikervrye wortelkoek

$
0
0

Hierdie teetyd-bederf is ’n treffer selfs vir mense wat ’n suikertand het. Vir soetheid word xylitol, sultanas en wortels pleks van suiker gebruik.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 50 min

375 ml (1½ k) bruismeel, gesif
10 ml (2 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) koeksoda
180 ml (⅔ k) xylitol
80 g pampoensaad, grof gekap
2 eiers
125 ml (½ k) kanola-olie
3 wortels, gerasper
60 g sultanas

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 18 cm ronde bakpan en voer dit met bakpapier uit.

  1. Meng die meel, kaneel, koeksoda, xylitol en pampoensaad in ’n groot mengbak.
  2. Klits die eiers en olie saam in ’n aparte bak of beker. Giet in die meelmengsel en roer tot gemeng. Roer die wortels en sultanas in. Skep in die gevoerde pan en maak die oppervlak glad.
  3. Bak 50 minute of tot die bokant veerkragtig voel wanneer jy daaraan raak en ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel van die koek ingedruk word. Laat koel 10 minute af op ’n draadrak en keer dan uit en laat heeltemal afkoel.

Deur Hope Malau

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>