Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Klewerige varkribbetjie met nektariensalsa

$
0
0

Vir hierdie geurige ribbetjies het ons die salsa opgekikker met nektariens.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Marineer: 30 min.
Gaarmaak: 60-90 min.

800 g varkribbetjie
60 ml (¼ k) soet brandrissiesous
60 ml (¼ k) sojasous
30 ml (2 e) worcestersous
30 ml (2 e) heuning
15 ml (1 e) sesamsaadjies
SALSA
2 nektariens, in blokkies gesny
1 rooi ui, gekap
1 avokado, in blokkies gesny
45 ml (3 e) gekapte koljanderblare
15 ml (1 e) suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n draadrakkie met kossproei en sit op ’n bakplaat.

  1. Sit die ribbetjie in ’n oondbak. Meng die soetrissiesous, sojasous en worcestersous en smeer oor die ribbetjie. Marineer minstens ’n halfuur.
  2. Giet 125 ml (½ k) water by die ribbetjie, bedek met foelie en rooster 45 min.
  3. Haal die foelie af en sit op die bereide draadrakkie. Smeer die orige sous in die bak oor die ribbetjie. Giet die heuning oor die ribbetjie en sprinkel die sesamsaadjies oor. Rooster nog 15-20 min en sny in stukkies.
  4. SALSA Meng al die bestanddele en sit voor saam met die ribbetjie.

Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>