Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Chelseabolletjie-koek

$
0
0

Laat ’n chelseabolletjie wonderlik lyk deur dit in ’n koek te verander.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 25 min.
Gaarmaak: 40 min.

200 ml (¾ k) melk
10 g suurdeeg
60 ml (¼ k) strooisuiker
870 ml (3½ k) meel
’n knippie sout
80 g botter
2 eiers
250 ml (1 k) sultanas
80 ml (⅓ k) bruinsuiker
5 ml (1 t) kaneel
375 ml (1½ k) versiersuiker
skil en sap van 1 lemoen

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n 20 cm-koekpan en voer dit uit.
1. Klits die melk, suurdeeg en 10 ml (2 t) strooisuiker in ’n beker. Sit 10 min. eenkant op ’n warm plek of tot skuimerig.

2. Sif die meel in ’n bak. Roer die oorblywende suiker en sout in. Vryf 60 g botter met jou vingerpunte by die meel in tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die suurdeegmengsel en eiers by. Roer tot gemeng. Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 10 min. of tot glad. Sit in ’n gesmeerde bak, bedek met plastiek en laat rus 50 min. op ’n warm plek of tot die grootte verdubbel het.

3. Meng die sultanas, bruinsuiker, kaneel en lemoenskil in ’n bak. Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en rol uit om ’n reghoek van 36 cm x 30 cm te vorm. Smeer 10 ml (2 t) van die oorblywende botter oor die deeg. Strooi die sultanamengsel egalig oor die botter en druk met ’n rolstok.

4. Sny die deeg in 3 x 8 cm-skywe. Rol ’n strook uit en sit dit in die middel van die bakplaat. Vat nog ’n skyf deeg en heg dit aan die punt van die gerolde deeg vas. Hou aan met die oorblywende deeg.

5. Smeer die oorblywende botter oor die koek. Bak 40 min. of tot goudbruin en deurgaar. Laat rus 10 min. en haal dan uit die pan.

6. Klits die versiersuiker en lemoensap tot versiersel vorm. Smeer oor die koek en sit voor.

Deur Hope Malau
Foto’s: David Briers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>