Die bier gee die hoender heerlik geur.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 1 uur
5 ml (1 t) koljandersaad
2,5 ml (½ t) vinkelsaad
15 ml (1 e) hoenderspesery
sout en vars gemaalde peper
60 ml (¼ k) lemoenmarmelade
30 ml (2 e) warm water
375 ml-blik bier
1 kg heel hoender
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1. Maak die saad, spesery en sout met ’n stamper en vysel fyn. Gooi in ’n bak. Voeg die marmalade en water by en meng. Giet 125 ml (½ k) bier in.
2. Plaas in ’n potjie oor matige hitte en laat prut 10 min.
3. Sit die oop blik met die oorblywende bier in regop in ’n roosterpan. Sit die hoender bo-op die blik. Bedek die hoender met die mengsel en braai 20 min. Verwyder van die hitte en die marmelademengsel oor.
4. Rooster die hoender 30 min. tot deurgaar terwyl jy dit af en toe bedruip. Bedek met foelie as die hoender te vinnig verbruin.
Deur Hope Malau
Foto’s: David Briers