Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Sjokoladekoek

$
0
0

Gebruik hierdie resep wanneer jy ’n goeie indruk wil skep.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 50 min.

300 g botter
125 ml (½ k) kakaopoeier
500 ml (2 k) strooisuiker
750 ml (3 k) bruismeel, gesif
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) bakpoeier
3 eiers
60 ml (¼ k) olie

GANACHE
250 ml (1 k) room
150 g melksjokolade, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-Bundt-pan en bestuif met meel.
1. Sit die botter in ’n kastrol en giet 300 ml water by. Bring tot kookpunt en laat die botter smelt. Sit eenkant.
2. Sif die kakaopoeier in ’n groot bak. Giet die gesmelte botter en water in en klits tot glad. Voeg die suiker, gesifte meel, koeksoda en bakpoeier by en meng goed. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Giet die olie in en meng tot glad.
3. Giet die beslag in die koekpan. Bak 50 min. of tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel van die koek ingedruk word.
4. Haal die koek uit die oond en laat 5 min. in die pan afkoel. Keer die koek op ’n draadrak uit en laat heeltemal afkoel.
5. Ganache Giet 140 ml room in ’n kastrol en bring tot prutpunt. Verwyder van die hitte en voeg die sjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt het en die ganache glad en blink is. Laat die ganache sowat 30 min. afkoel.
6. Klits die oorblywende room tot dik en vou by die ganache in. Smeer oor die koek en sit 30 min. in die yskas voor jy dit sny.

Deur Hope Malau
Foto’s: David Briers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>