Hierdie romerige Italiaanse nagereg sal jou soetlus bevredig.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 10 min.
Verkoel: 6 uur
750 ml (3 k) room
250 ml (1 k) melk
160 ml (⅔ k) strooisuiker
2 kaneelstokke, middeldeur gebreek
5 ml (1 t) vanieljegeursel
15 ml (1 e) gelatienpoeier
60 ml (¼ k) warm water
1. Plaas die room, melk, suiker, kaneel en vanielje in ’n kastrol oor lae hitte. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos het. Verhoog die hitte en kook tot dit net prut. Verwyder van die hitte.
2. Klits die gelatien en warm water saam tot opgelos. Voeg by die roommengsel en meng goed. Sit eenkant om effens af te koel.
3. Gooi die mengsel deur ’n sif in ’n beker en giet die vloeistof in vorms. Laat verkoel 6 uur of oornag in die koelkas tot geset.
4. Doop die vorms 3 sek. in warm water en keer op opdienborde uit.
Deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller