Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Roomyskoek

$
0
0

Dit lyk baie deftig,  maar is baie maklik om te maak. Beïndruk jou vriende en familie op ’n volgende byeenkoms.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Vries: 4½ uur

1 L (4 k) vanieljeroomys, versag
300 g sjokolade-Whispers, plus ekstra vir voorsit
150 g sjokoladekoekies
80 g botter, gesmelt
100 g donker sjokolade
200 ml room, geklop

Skep die roomys in ’n broodpan met ’n diepte van 6 cm en maak die oppervlak glad.

  1. Druk ’n enkellaag styf gepakte Whispers bo in. Vries 2 uur of tot ferm.
  2. Maak die sjokoladekoekies fyn. Meng goed met die gesmelte botter. Druk oor die Whispers en vries 2 uur om te set.
  3. Doop die bodem van die pan 2 sek. in warm water. Keer die koek op ’n plat bord of plank uit. Vries 30 min. of tot ferm.
  4. Plaas die donker sjokolade en geklopte room in ’n hittebestande glasbak. Verhit op volle  krag in die mikrogolf terwyl jy elke minuut roer tot gesmelt.
  5. Laat effens afkoel. Bedruip oor die koek. Bedek met ekstra Whispers.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>