Sny die koolhidrate uit jou hoenderburger deur sampioene pleks van rolletjies te gebruik en bedek dit met spekrepe.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15 min.
Marineer: 30 min.
6 hoenderborsfilette
MARINADE
2 knoffelhuisies, fyngedruk
skil en sap van 1 suurlemoen
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
5 ml (1 t) paprika
’n milde knippie sout
SOUS
150 ml karringmelk
80 ml (⅓ k) gerasperde cheddarkaas
5 ml (1 t) worcestersous
5 ml (1 t) paprika
2 knoffelhuisies, gekap
5 ml (1 t) Dijon-mosterd
’n hand vol vars pietersielie
’n knippie sout
VIR AFROND
200 g spekrepe
6 groot bruin sampioene
’n hand vol bronkors
- Sit die hoenderborsies tussen twee velle kleefplastiek en slaan met ’n rolstok plat. 2
- Plaas in ’n nie-metaalbak.
- Marinade: Meng die bestanddele. Bedek die hoender heeltemal met die marinade en los 30 min. in die yskas.
- Sous: Meng al die bestanddele tot glad.
- Verhit ’n roosterpan en braai die hoender 10 min. of tot deurgaar.
- Vir afrond: Bak die spek in die roosterpan tot bros weerskante.
- Braai die sampioene in ’n droë pan 2 min. weerskante.
- Pak ’n sampioen op elke bord en bedruip met ’n bietjie van die sous.
- Bedek met die bronkors, ’n hoenderborsie, spek en nog sous.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander