Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Springmielie-blokkies

$
0
0

Hierdie heerlike springmielie-happies met ’n sjokoladebedekking is maklik om aanmekaar te slaan en sal ’n wenner onder kinders wees. 

Lewer 16 blokkies
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 10 min.
Verkoel: 1½ uur

olie
4 x 250 ml (4 k) springmieliepitte
200 g donker sjokolade, in stukke gebreek
100 g botter, in blokkies gesny
45 ml (3 e) gouestroop
2 ml (½ t) fyn kaneel
’n knippie sout
50 g wit sjokolade

Voer ’n vierkantige bakpan van 20-30 cm met bakpapier uit.

  1. Verhit ’n skeut olie in ’n groot kastrol. Wanneer dit warm is, roer die springmieliepitte in. Bedek met ’n styfpassende deksel en braai oor matig-lae hitte terwyl jy die kastrol af en toe skud tot al die pitte oopgebars het.
  2. Smelt intussen die donker sjokolade saam met die botter, gouestroop, kaneel en sout in ’n bak oor ’n pot pruttende water. Roer om goed te meng.
  3. Meng die springmielies met die gesmelte sjokolademengsel en keer in die voorbereide pan uit. Druk die mengsel met die agterkant van ’n lepel styf in die pan vas. Verkoel 1 uur om te set.
  4. Keer op ’n plank uit en verwyder die papier. Smelt die wit sjokolade en bedruip dit met ’n teelepel bo-oor. Verkoel tot geset.
  5. Sny in vierkante met ’n skerp getande mes.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>