LEWER 10 ROLLETJIES PER PERSOON
Bereiding: 1 uur
Gaarmaaktyd: 1½-2 uur
1 heel kopkool
250 ml (1 k)
basmatirys
500 g lamswors, uit die vel verwyder
2 tamaties, fyn gekap
50 g tamatiepasta
2 ml (½ t) fyn wonderpeper (allspice)
2ml (½ t) fyn kaneel
1 ml (¼ t) witpeper
20 ml (4 t) botter, gesmelt
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
sout na smaak
- Week die kool in kookwater tot sag.
- Week die rys 15 minute in kookwater en dreineer.
- Plaas die res van die bestanddele en die rys in ’n groot mengbak en meng goed.
- Sny die kool in stroke van 10cm breed, rol ’n balletjie van die mengsel in elke strook toe en pak styf teen mekaar in ’n pot.
- Plaas ’n swaar bord bo-op die koolballetjies en sit die deksel op die pot. Kook 1½-2 uur tot die rys en kool sag is.