Beïndruk jou bure met hierdie heerlike koek wanneer jy hulle vir tee nooi.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 1 uur
750 ml (3 k) meel
20 ml (4 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) warm water
60 ml (4 e) korrels koffie
375 ml (1½ k) karringmelk
375 ml (1½ k) suiker
6 eiers
125 ml (½ k) olie
10 ml (2 t) vanieljegeursel
Botterversiersel
125 g botter
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
15 ml (1 e) melk
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Sif die meel, bakpoeier en sout in ’n mengbak. Los 10 ml (2 t) koffiekorrels in die water op. Plaas die koffie, karringmelk, suiker, eiers, olie en vanielje in ’n aparte mengbak en meng goed.
- Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en meng op lae spoed tot die twee mengsels net gemeng is.
- Verdeel die beslag tussen 2 x 20 cm-koekpanne en bak 1 uur of tot ’n steekpen skoon uitkom. Laat 5 min. in die panne afkoel voor jy dit uithaal. Laat die koek dan heeltemal afkoel op ’n draadrak.
- Botterversiersel: Klits die botter in ’n mengbak tot sag en vaal. Hou aan klein hoeveelhede versiersuiker byvoeg tot dit alles by die botter ingewerk is. Voeg die melk by en klits tot glad.
- Plak die afgekoelde koffiekoeke aan mekaar vas met ’n dik laag van die botterversiersel. Smeer die oorblywende versiersel oor die bokant van die koek.
Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller