Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Kaneelsuiker-brioche

$
0
0

Hierdie uitmekaartrek-brioche sal twee dae in ’n lugdigte houer vars bly – as jy en jou gesin die versoeking kan weerstaan om dit sommer op een slag te verorber nie! Dis nog lekkerder met dik gesmeerde botter.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 min.

Rys: 2 uur
Bak: 35 min.

10 g droë gis
15 ml (1 e) louwarm water
60 ml (¼ k) strooisuiker
1 ml (¼ t) sout
30 ml (2 e) louwarm melk
500 ml (2 k) meel, plus ekstra vir knie
2 eiers, liggies geklits
225 g botter, gekap en versag
60 ml (¼ k) suiker
45 ml (3 e) fyn kaneel
ekstra eier, geklits, vir verf

  1. Gooi die gis en water in ’n bak en roer om te meng. Sit 5 minute eenkant op ’n warm plek of tot borrels op die oppervlak vorm.
  2. Meng die strooisuiker, sout en melk in ’n ander bak.
  3. Sit die meel in ’n derde bak en meng die gismengsel en eiers 3 minute of tot deurgemeng.
  4. Voeg die melkmengsel by en meng tot die deeg van die kant van die bak af wegtrek. Voeg die botter geleidelik by en roer tot glansend en elasties.
  5. Sit die deeg in ’n skoon bak en bedek met kleefplastiek. Laat staan 2 uur eenkant op ’n warm plek of tot die deeg verdubbel het.
  6. Smeer ’n 22 x 8 cm-broodpan liggies.
  7. Verdeel die deeg in agt ewe groot balle en knie elkeen tot glad op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
  8. Meng die suiker en kaneel in ’n vlak bak en rol elke bal in die mengsel.
  9. Pak die balle styf teen mekaar in die voorbereide broodpan, bedek met ’n skoon, klam lap en sit 30 minute eenkant of tot verdubbel.
  10. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  11. Verf die deeg met die ekstra geklitste eier en bak 35 minute of tot goudkleurig.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!