Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Sjokolademousse-koek

$
0
0

’n Heerlik romerige koek wat volmaak is om gaste mee te beïndruk. As jy wil, kan jy die koekbasis met ’n bietjie brandewyn bedruip vir ’n ekstra ryk smaak.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 20 min.
Verkoel: oornag

4 eiers
160 ml (⅔ k) strooisuiker
250 ml (1 k) meel
60 ml (¼ k) kakaopoeier
25 g botter, gesmelt
MOUSSE
400 g melksjokolade, gekap
200 g donkersjokolade, gekap
1 L (4 k) dikroom
10 ml (2 t) gelatien
VIR VOORSIT
sjokoladeskaafsels en kakaopoeier

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 24 cm-veerkoekpan en voer dit uit.

  1. Klits die eiers in ’n bak tot lig en donsig.
  2. Bring die strooisuiker en 30 m (2 e) water tot kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte. Giet die warm stroop in die eiers terwyl jy klits. Hou aan klits tot die mengsel afkoel en dun linte vorm wanneer jy die klitser uit die bak lig.
  3. Sif die meel en kakaopoeier oor die eiermengsel. Vou sakgens in en vou dan die gesmelte botter in.
  4. Giet die beslag in die voorbereide bakpan. Bak 20 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingesteek word. Laat afkoel in die pan op ’n draadrak.
  5. Mousse: Smelt albei soorte sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol pruttende water terwyl jy roer tot glad. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
  6. Bring intussen 60 ml (¼ k) van die room tot prutpunt in ’n kastrol oor matige hitte. Verwyder van die hitte.
  7. Week die gelatien in koue water 3 min. of tot sponserig. Voeg die warm room by en roer tot opgelos. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
  8. Klits die oorblywende room tot sagte pieke vorm. Werk vinnig en voeg die sjokolade-en-gelatienmengsel by die room en klits tot die sjokolade ingemeng is.
  9. Sit die koek aanmekaar deur die mousse oor die koekbasis te skep. Verkoel in die yskas oornag of tot geset.
  10. Vir voorsit: Bedek met die sjokoladeskaafsels en bestuif met die kakaopoeier.

 

Deur Hope Malau


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>