Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Bierbeslag-vis met salsa

$
0
0

Hierdie ligte bierbeslag lyk dalk na die perfekte pasmaat vir vis, maar dit is ewe lekker oor groente of hoenderrepies.

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 20 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 20 min.

375 ml (1½ k) bruismeel
1 eier, liggies geklits
375 ml (1½ k) bier
olie vir diepbraai
8 baba-stokvisse
meel vir bedek
SALSA
1 blik (400 g) heel kersietamaties
2 groen brandrissies, gekap
2 knoffelhuisies
3 sprietuie
15 ml (1 e) olyfolie
30 ml (2 e) rooiwynasyn
5 ml (1 t) gemengde droë kruie
’n hand vol vars koljander, gekap
sout en peper
VIR VOORSIT
1 suurlemoen
fyn aartappels

  1. Plaas die bruismeel en geklitste eier in ’n mengbak. Voeg die bier stadig by terwyl jy klits om ’n gladde beslag te vorm. Verkoel 30 minute in die koelkas.
  2. Maak ’n groot pot half vol olie en plaas oor matige hitte.
  3. Rol die vis in die meel om te bedek en skud enige oortollige meel af.
  4. Klits die beslag liggies om te verseker dit is gemeng.
  5. Werk in sarsies. Doop elke vis in die beslag en laat die oortollige beslag afdrup. Lê die vis versigtig in die warm olie neer. Kook tot goudbruin. Dreineer op papierhanddoeke en gaan voort met die res van die vis.
  6. Salsa: Blits al die bestanddele in ’n voedselverwerker of menger tot die mengsel die verlangde samestelling het.
  7. Vir voorsit: Sny die suurlemoen in kwarte en sit die vis met die suurlemoenwiggies, tamatiesalsa en fyn aartappel voor.

Deur Hope MalauFoto: David Briers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>