Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Kerspoeding

$
0
0

Beproef hierdie tradisionele, soet, vrugteryke, warm poeding.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Verkoel: 8 uur
Gaarmaak: 4 uur

250 ml (1 k) bruismeel
200 ml (¾ k) broodkrummels
110 g botter
375 ml (1½ k) bruinsuiker
2,5 ml (½ t) fyn gemengde speserye
1 ml (¼ t) neutmuskaat
1 ml (¼ t) kaneel
90 g dadels, ontpit
100 g rosyne
100 g sultanas
100 g korinte
25 g gemengde skil
1 groen appel, geskil en gerasper
1 lemoen se gerasperde skil
1 suurlemoen se gerasperde sap en skil
3 eiers
80 ml (⅓ k) rum
80 ml (⅓ k) brandewyn
100 g gouestroop

1. Sif die meel in ’n bak en meng met die broodkrummels, botter, suiker en speserye. Voeg die droëvrugte, gemengde skil, appel, lemoenskil en suurlemoensap en -skil by die meelmengsel en meng goed.
2. Klits die eiers saam en voeg by die poedingmengsel saam met die rum, brandewyn en gouestroop. Roer deeglik om te meng.
3. Laat die mengsel 8 uur in die yskas om sy geur te ontwikkel. Smeer ’n poedingbak en maak dit ¾ teen die kant op vol met die mengsel. Plaas ’n sirkel bakpapier bo-op die mengsel, bedek die bak met tinfoelie en verseël dig.
4. Plaas in ’n pot kokende water en stoom die poeding 4 uur. Wanneer gaar, laat afkoel en bêre styf toegedraai in die yskas of op ’n koel plek tot benodig. Om die poeding weer te verhit, plaas dit terug in die pot en stoom nog 2 uur.

Deur Hope Malau
Foto’s: Misha Jordaan


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>