Jy gaan dalk nog ribbetjies moet koop, want dié resep laat mense nog vra.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Rus: 1 uur
Gaarmaak: 2 uur 30 min.
1,5 kg beeskortrib
Marinade
3 knoffelhuisies, gekneus
80 ml (⅓ k) rooiwynasyn
30 ml (2 e) heelgraanmosterd
2 takkies tiemie
sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml (½ k) olyfolie
30 ml (2 e) worcestersous
60 ml (¼ k) braaisous
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
1. Marinade Plaas al die bestanddele in ’n bak en meng goed. Skink dit oor die rib en laat minstens ’n uur rus.
2. Haal die rib uit die marinade en plaas in ’n groot bak. Bedek met foelie en bak 2 uur of tot die vleis sag is en van die been begin val.
3. Verhoog die oondtemperatuur tot 220 °C. Verwyder die foelie en bedruip die rib met die marinade. Bak nog 30 min. en bedruip nog ’n paar keer.
4. Die sous moet taai en dik wees en die rib donker en blink. Haal uit die oond en laat voor opdiening afkoel.
Deur Hope Malau