Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Bak: 1 uur
4 eiers
200 ml (¾ k) olie
2 wortels, grof gerasper
100 g rosyne
100 g okkerneutstukke, en ’n paar ekstra vir garnering
1 lemoen se skil
375 ml (1 ½ k) bruismeel
10 ml (2 t) gemengde speserye
5 ml (1 t) koeksoda
1 ml (¼ t) fyn sout
300 ml donkerbruinsuiker
Versiersel
150 g botter
45 ml (3 e) strooisuiker
300 g roomkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer ’n ronde koekpan, 20 cm in deursnee, met bakpapier uit.
1. Breek die eiers in ’n bak en klits die olie by. Voeg die wortels, rosyne, okkerneutstukke en lemoenskil by.
2. Sif die meel, speserye, koeksoda en sout in ’n aparte bak. Roer die suiker by.
3. Voeg die nat wortelmengsel by die droë bestanddele en meng goed.
4. Skep die beslag in die uitgevoerde pan en bak 1 uur tot die koek gerys en heeltemal goudbruin is.
5. Haal uit die oond en laat staan 10 min. eenkant in die pan om af te koel. Keer uit en laat staan op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
6. Versiersel Plaas die botter en strooisuiker in ’n groot bak. Klop 2 min. tot lig en romerig. Klop die roomkaas by tot glad.
7. Plaas die koek op ’n opdienbord. Gebruik ’n paletmes (of ’n wye mes met ’n plat lem) om die versiersel oor die koek te smeer. Strooi die ekstra okkerneute bo-oor.
Deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller