Die perfekte marinade vir die ander witvleis.
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Marinering: 60 min.
Gaarmaak: 30 min.
30 ml (2 e) olie
15 ml (1 e) koljandersaad, gerooster en fyngedruk
5 ml (1 t) vinkelsaad, fyngedruk
1 ui, in skywe gesny
2 cm vars gemmer, gerasper
3 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) kerriepoeier
10 ml (2 t) borrie
60 ml (¼ k) koue water
80 ml (⅓ k) asyn
45 ml (3 e) suiker
sout en vars gemaalde swartpeper
1 kg vark-ghoelasj, in blokkies gesny
6 baba-uie, geskil en gehalveer
12 droë appelkose
- Verhit die olie in ’n pan en voeg die droë saad by. Braai ’n paar sekondes en voeg dan die ui, gemmer, knoffel, kerriepoeier en borrie by.
- Braai die uie tot sag. Voeg die water, asyn en suiker by en laat kook die marinade sowat 3 min. Geur na smaak. Laat die marinade heeltemal afkoel.
- Sodra die marinade afgekoel het, gooi dit in ’n plastiekbak. Voeg die vark, baba-uie en appelkose by die marinade. Sit 1 uur in die koelkas.
- Steek die varkblokkies aan steekpenne en wissel dit af met stukke ui en appelkose.
- Plaas ’n groot pan oor matige hitte en sit die sosaties in. Braai 20 min. en draai die sosaties om terwyl dit gaar word.