Hierdie heerlike kaaskoek het ’n onder- en bolaag van kaneel-appels
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Bak: 65 min.
6 appels
75 g botter
60 ml (¼ k) strooisuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
KORS
200 g gemmerkoekies
75 g gesmelte botter
VULSEL
400 g roomkaas
250 g ricotta
30 ml (2 e) meel
200 ml strooisuiker
10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
2 eiers en 1 eiergeel
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan en voer dit met bakpapier uit.
- Skil en ontkern drie van die appels en sny in repe. Verhit die helfte van die botter in ’n pan saam met die helfte van die suiker en die helfte van die kaneel tot dit borrel en voeg die repe appels by. Kook die appels tot dit begin versag en begin karameliseer. Sit eenkant om af te koel.
- Kors Maak die gemmerkoekies fyn om fyn krummels te vorm en gooi in ’n bak. Voeg die gesmelte botter by en meng goed. Druk die mensel in die bodem van die voorbereide pan vas en bak 5 min. Skep die gekookte appels en vloeistof oor die koekie-kors in die pan. Sit eenkant om af te koel.
- Vulsel Klits die roomkaas, ricotta, meel, suiker, vanielje, eiers en eiergeel saam in ’n groot bak. Giet in die pan oor die appels.
- Bak die kaaskoek 1 uur tot geset, maar effens drillerig in die middel. Laat afkoel en verkoel dan 4 uur.
- Ontkern die oorblywende appels en sny in wiggies. Verhit die res van botter, suiker en kaneel in die braaipan en kook die appelskywe tot sag en gekarameliseer. Sit eenkant om af te koel. Sit die kaaskoek voor bedek met die appelskywe.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander