Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Brioche

$
0
0

Franse brood verryk met eier en botter is heerlik saam met ’n koppie tee.

LEWER 22 BROODJIES
Bereiding: 20 min.
Rys: 1½ uur
Gaarmaak: 40 min.

10 g vars gis
80 ml (⅓ k) warm melk
6 eiers
1 liter (4 k) meel
5 ml (1 t) sout
45 ml (3 e) strooisuiker
350 g botter, versag
1 eier, gemeng in 5 ml (1 t) water, liggies geklits

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee panne met 12 holtes elk.

  1. Plaas die gis en melk in ’n bak en klits liggies om te meng. Voeg die eiers by en klits weer.
  2. Sif die meel en sout in ’n groot mengbak en giet die gismengsel by. Knie die deeg 10 min. of tot glad en elasties.
  3. Klits die strooisuiker en botter in ’n ander bak tot bleek en romerig. Voeg 30 ml (2 e) op ’n slag van die mengsel by die deeg en knie goed ná elke byvoeging.
  4. Knie die deeg tot dit glansend en elasties is.
  5. Plaas in ’n groot geoliede bak, bedek en laat rys 1 uur of tot gerys. Knie die deeg af en knie dan nog 5 min. Bedek met kleefplastiek en laat 1 uur in die yskas verkoel.
  6. Verdeel die deeg in 30 g-stukke op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en rol in ewe groot balle. Plaas 3 deegballe in elke muffinholte, bedek en laat rys tot dit in grootte verdubbel.
  7. Verf die deeg met die eiermengsel en bak 40 min. of tot gaar en bruin. Plaas op ’n rak om af te koel. Sit voor met botter.

Deur Hope Malau


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>