Jy kan die mengsel ook in ’n muffinpan bak.
Lewer 8 koeke
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.
140 g botter
250 ml (1 k) meel
125 ml (½ k) amandelmeel
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
’n knippie sout
2,5 ml (½ t) kaneel
85 g bruinsuiker
30 ml (2 e) esdoringstroop
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
xx g botter
3 appels, gerasper
250 ml (1 k) strooisuiker
250 ml (1 k) kaneel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Plaas die botter in ’n klein kastrol en kook tot die melkstukke op die bodem van die pot begin bruin word en neutagtig ruik. Gooi deur ’n sif en laat effens afkoel.
- Klits die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak. Klits die bruinsuiker, esdoringstroop, eiers en vanielje in ’n ander bak saam.
- Voeg die botter by en klits. Voeg die mengsel by die droë bestanddele en klits. Vou die gerasperde appels in.
- Verdeel die beslag in mini-Bundt-panvorms. Bak 20 min. of tot ferm en goudbruin. Laat die koeke afkoel voor jy dit uit die pan verwyder.
- Meng die strooisuiker en kaneel oor. Bedek die koeke heeltemal met die kaneelsuiker en sit voor.
Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller