Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Eenpotmaaltyd

$
0
0

Maak jou dag warm met hierdie eenpotwonder. Geniet dit vleisloos of roer saggekookte beesvleis in.

Genoeg vir 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 1 uur

1 ui, gekap
2 selderystele, gekap
30 ml (2 e) olyfolie
15 ml (1 e) harissa-pasta
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) paprika
5 ml (1 t) bruinsuiker
410 g gekapte tamaties
500 ml (2 k) groenteaftreksel
125 ml (½ k) rys, ongekook
400 g kekerertjies, gedreineer
400 g lensies, gedreineer
400 g botterbone, gedreineer
’n hand vol pietersielie, gekap
’n hand vol koljander, gekap
sout en peper na smaak

  1. Soteer die ui en seldery in die olyfolie in ’n groot pot. Voeg die speserye, suiker, tamaties, aftreksel en rys by, en kook 20 min. of tot die rys sag en gaar is.
  2. Voeg die keker-ertjies, lensies en bone by en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat 40 min. prut.
  3. Roer die pietersielie, koljander en geursel in.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>