Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Swartbiersjokoladekoek en -roomys

$
0
0

Veral bierliefhebbers sal hierdie hemelse swartbiersjokolade-lekkerny geniet.

Genoeg vir 6
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30 min.
Vries: 2 uur

250 g botter
750 ml (3 k) strooisuiker
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) kakaopoeier
375 ml (1½ k) meel
10 ml (2 t) koeksoda
250 ml (1 k) swartbier
125 ml (½ k) gewone jogurt
SWARTBIERROOMYS
125 ml (½ k) rosyne
80 ml (⅓ k) swartbier
500 ml (2 k) vanieljeroomys

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan.

  1. Swartbierroomys Marineer die rosyne minstens 1 uur in die bier in ’n bakkie. Plaas die roomys in ’n verwerker en verwerk tot sag. Roer die rosyne en swartbier by die roomys in en sit 2 uur terug in die yskas of tot gevries.
  2. Verroom die botter, strooisuiker en eiers saam met die vanieljegeursel. Sif die droë bestanddele en meng by die strooisuikermengsel in. Voeg dan die swartbier en jogurt by.
  3. Giet die beslag in die koekpan en bak 30 min. of tot ferm aan die kante. Sit voor saam met die swartbierroomys.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>