Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Skenkel-sampioenpot

$
0
0

Spesiaal vir Braaidag môre deel ons dié heerlike resep vir skenkel-sampioenpot uit Huisgenoot se nuwe Braai-tydskrif.

SkenkelpotMAIN
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Marineertyd: oornag
Gaarmaaktyd: 2-2½ uur

Bestanddele:

2 kg lamskenkels, met lang bene of in stukke gesaag
30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) balsemieke asyn
paar takkies roosmaryn
10 heel knoffelhuisies, geskil
1 pakkie (20 g) droësampioene
500 ml (2 k) lam- of groenteaftreksel
sout en peper
1 bos preie, gekap
botter en olyfolie
250-500 ml (1-2 k) witwyn
1 kg verskeidenheid sampioene
125 ml (½ k) gekapte pietersielie
1 suurlemoen se gerasperde skil
pasta, kapokaartappel of vars gebakte brood vir voorsit

Metode:

  1. Besprinkel die lamskenkels met die olyfolie en asyn. Voeg die roosmaryn en knoffel by en laat oornag marineer.
  2. Verwyder die vleis uit die marinade en hou die marinade eenkant.
  3. Week die droësampioene in die aftreksel tot sag en hou eenkant. Hou ook die aftreksel eenkant.
  4. Geur intussen die skenkels met die sout en peper en braai dit in ’n swartpot saam met die preie in botter en olyfolie tot goudbruin.
  5. Voeg die marinade, wyn, aftreksel en ge-weekte droësampioene by en laat prut 2-2½ uur tot die vleis sag is.
  6. Braai die verskeidenheid sampioene in ’n mengsel van olie en botter tot net sag. Voeg by die skenkelpot en meng deur.
  7. Sprinkel die pietersielie en gerasperde suurlemoenskil oor.
  8. Sit voor op pasta of kapokaartappel of saam met vars gebakte brood.

Kry nog inspirasie en byderwetse resepte (plus van die lekkerste resepte uit die TV-program Kom Ons Braai op VIA, DStv-kanaal 147) in Huisgenoot Beste Resepte: Braai. Dis nou te koop teen R45.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>