Moenie haastig wees met varkskenkel nie. Vat jou tyd en geniet later die sappige geur.
Genoeg vir 3 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 2 uur
30 ml (2 e) olie
9 baba-uie, gehalveer
10 knoffelhuisies, fyngemaak
3 selderystele, in skywe gesny
sout en peper
4 steranyse
4 wonderpeperbessies, grof gemaal
3 x 1,2 kg varkskenkels
2 louerierblare
125 ml (½ k) heuning
750 ml (3 k) sider
4 x 250 ml (4 k) hoenderaftreksel
3 rooi brandrissies, gekap
Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
- Verhit ’n groot, oondvaste pan oor matige hitte en voeg die olie, uie, knoffel en seldery in. Geur en braai 15 min. terwyl jy gereeld roer.
- Voeg die steranys en wonderpeper by en braai 1 min.
- Voeg die skenkels, louerierblare, heuning, sider, aftreksel en brandrissies in die pan en laat prut 5 min. Bedek en plaas vir 2 uur in die oond.
Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller