Waarskuwing: Hierdie brood is uiters verslawend vir liefhebbers van piesangbrood; sorg dat jy genoeg daarvan bak.
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 1 uur
560 ml (2¼ k) bruismeel
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) fyn kaneel
200 ml (¾ k) strooisuiker
180 ml (¾ k) melk
80 ml (⅓ k) olie
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2 piesangs, fyn gemaak
50 g sjokoladeskyfies
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n middelslag-broodpan met gesmeerde bakpapier uit.
- Meng die meel, koeksoda, kaneel en suiker in ’n groot bak. Klits die melk, olie, eiers, vanielje en piesang in ’n middelslag-bak.
- Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en roer om te meng. Vou die sjokolade in.
- Giet in die bereide pan. Maak bo glad. Bak 1 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word. Laat 10 min. in die pan afkoel. Keer op ’n draadrak uit om af te koel.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander