Kasjoeneute kan in ’n heerlike sous omskep word. Hou oorskietsous vir later saam met biefstuk of hoenderslaai.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Week: 1 uur
Gaarmaak: 10 min.
250 ml (1 k) kasjoeneute
200 ml (¾ k) water
2,5 ml (½ t) sout
1 knoffelhuisie, gekap
15 ml (1 e) olie
2 patats, in blokkies gesny
60 ml (¼ k) groenteaftreksel
’n hand vol babaspinasie
’n hand vol basilieblare
sout en peper na smaak
olyfolie vir bedruip
200 g pasta, gaar
- Plaas die kasjoeneute in ’n bak, bedek met water en week 1 uur. Dreineer. Plaas in ’n verwerker en voeg die water, sout en knoffel by. Verwerk tot glad.
- Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte. Voeg die patats by en mengel 8 min. in die pan tot sag maar bros. Giet die aftreksel in en meng die spinasie in.
- Voeg die basilie en die helfte van die kasjoeneutsous in die pan en meng. Geur mildelik met sout en peper en bedruip met olyfolie.
- Sit voor oor pasta.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander