Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Die feestyd is hier! Ons wys jou hoe om Paaseier-Paasbolletjies te maak

$
0
0

Lewer 12 bolletjies
Bereiding: 20 minute
Rystyd: 1½-2 uur
Baktyd: 30-40 minute

DEEG
4 x 250 ml (4 k) koekmeel
10 g (1 pakkie) kitsgis
60 ml (1⁄4 k) strooisuiker
5 ml (1 t) gemengde speserye 2 ml (1⁄2 t) kaneel
’n knippie sout
375 ml (11⁄2 k) korente
40 g botter
300 ml melk
2 eiers, geklits

VULSELS
6 malvalekker-Paaseiers
6 witsjokolade-Paaseiers ’n bietjie heuning vir bo-oor

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. Voer 2 bakplate uit met bakpapier.
  2. Deeg meng al die droë bestanddele en korente in ’n mengbak.
  3. Smelt die botter in die mikrogolf en voeg die melk by.
  4. Mikrogolf nog ’n minuut of tot louwarm.
  5. Klits die eiers by die melk en meng liggies deur die droë bestanddele met ’n slaplemmes.
  6. Knie die deeg 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties.
  7. Smeer ’n glasbak liggies met olie, sit die deeg daarin en bedek met kleefplastiek.
  8. Laat 1-1½ uur op ’n warm plek rys tot dubbel die grootte.
  9. Knie die deeg af, verdeel in 12 gelyke stukke en vorm bolletjies.
  10. Vulsel (vir die malvalekker- Paasbolletjies) Rol 6 van die deegbolletjies plat uit.
  11. Druk die malvalekker-Paaseiers effens platter en plaas in die middel van elke deegsirkel.
  12. Rol elke sirkel op, sny die punt af en laat regop staan.
  13. Vulsel (vir die witsjokolade- Paasbolletjies) Maak ’n effense holte in elk van die 6 oorblywende deegbolletjies en druk die witsjokolade-Paaseiers diep in elke holte.
  14. Pak die 6 rolletjies teen mekaar op ’n bakplaat, bedek met kleefplastiek en laat rys 30 minute.
  15. Plaas witsjokoladeballetjies langsaan.
  16. Haal die kleefplastiek af, druk die witsjokolade-Paaseiers weer stewig in die deeg en bedek elke witsjokolade-eier met ’n stukkie foelie.
  17. Verf al 12 Paasbolletjies met ’n bietjie melk en bak 30-40 minute in die verhitte oond of tot gaar.
  18. Bedruip elke bolletjie met ’n bietjie heuning en sit louwarm voor.

Ook op Huisgenoot.com

Vyf prettige selfdoen-projekte vir kinders vir Paasfees
Oulike origami vir Paasfees
Raak vlytig dié Paasfees
Kyk: So vou jy prettige hasie-servette

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!