Quantcast
Channel: Langer as ‘n uur – Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Semelsaadbeskuit

$
0
0

Die beskuit word sonder koringmeel maar met koringsemel gemaak vir ekstra growwigheid.

Maak sowat 40 beskuite
Bereiding: 10 min.
Bak: 45-60 min.
Uitdroog: 2-3 uur.

500 ml (2 k) sonneblommeel (maal sonneblompitte in die voedselverwerker fyn)
7 ml (1½ t) koeksoda
7 ml (ruim 1½ t) bakpoeier
5 ml (1 t) elk fyn kaneel en gemmer (opsioneel)
5 ml (1 t) sout
375 ml (1½ k) semels
125 ml (½ k) klapper
45 ml (3 e) psilliumvesel
125 ml (½ k) gekapte pekanneute
180 ml (¾ k) elk sonneblom- en pampoenpitte
250 ml (1 k) sultanas of rosyne , bosbessies of fyn gekapte dadels
80-125 ml (⅓-½ k) heuning (verkieslik rou)
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) natuurlike jogurt of karringmelk
80 ml (⅓ k) gesmelte botter
325 ml (1⅓ k) water
ekstra pitte vir oorsprinkel (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 1 groot bakplaat met kossproei.

  1. Meng die meel, koeksoda, bakpoeier, speserye (indien gebruik) en sout.
  2. Voeg die semels, klapper, psilliumvesel, neute, pitte en droëvrugte by.
  3. Klits die heuning, eiers, jogurt, botter en water saam.
  4. Voeg die watermengsel by die droë bestanddele en meng goed.
  5. Skep in die bereide bakplaat en maak gelyk. Sprinkel die ekstra pitte oor (indien gebruik) en druk goed vas.
  6. Bak 45-60 min. of tot goudbruin en gaar.
  7. Sny in stukke en droog 2-3 uur by 100 °C uit. Skakel die oond af. Los die beskuit in oond tot heeltemal droog en bros.

Deur Carmen Niehaus
Foto’s: Misha Jordaan


Viewing all articles
Browse latest Browse all 188

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>